NewsNews

Dié Bybels het baie se lewens verander

Sê die woord “Gideons” en die meeste mense dink aan die Bybels in die kamers in hotelle of gastehuise. Of hulle onthou die Nuwe Testamentjie wat hulle as Graad 8-leerder op skool gekry het. Die Bybels word ook in gevangenisse versprei. In Potchefstroom besoek die Gideons, wat die Gideons-bybels gratis verskaf, minstens twee keer per …

Sê die woord “Gideons” en die meeste mense dink aan die Bybels in die kamers in hotelle of gastehuise.
Of hulle onthou die Nuwe Testamentjie wat hulle as Graad 8-leerder op skool gekry het.
Die Bybels word ook in gevangenisse versprei. In Potchefstroom besoek die Gideons, wat die Gideons-bybels gratis verskaf, minstens twee keer per jaar die gevangenis om aan die gevangenes Bybels te gee. Persone in uniform ontvang ook Nuwe Testamente van die Gideons.
In sommige hospitale word Nuwe Testamente by pasiënte se beddens geplaas, terwyl ander hospitale gereeld besoek word om aan elke pasiënt persoonlik ’n Nuwe Testamente te gee. Dit vind in Potchefstroom minstens een keer per maand plaas.
Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika is ’n vereniging van professionele en sakemanne. Die doel daarvan is om die Woord van God te bring aan ’n wye gehoor.
In al 200 lande oor die wêreld waar Gideons aan die werk is word daar jaarliks gepoog om aan elke Graad 8-leerder ’n sakgrootte Nuwe Testament te gee. Die Bybels in gastehuise en hotelle, wat reisigers oor die hele wêreld aantref, is ook deur Gideons van daardie land of streek daar geplaas.
Die Gideons word bygestaan deur hulle vrouens, wat bekendstaan as die Hulpgroep. Sedert die Tweede Wêreldoorlog sorg die Hulpgroep-lede dat alle persone in die mediese beroep ’n Nuwe Testament ontvang.
Dié bediening het ontstaan toe verpleegsters van die Amerikaanse Mediese Korps gevra het dat die Gideons hulle van Bybels voorsien, ’n noodsaaklike item van hulle toerusting om siek en beseerde soldate te verpleeg.
Die bediening strek veel verder terug. Dit is in 1899 in Wisconsin gestig en word na 118 jaar gereken as een van die grootste sendingorganisasies in die wêreld.
Van oor die hele wêreld word gereeld wonderbaarlike getuienisse ontvang van mense wat iewers ’n Nuwe Testament deur die Gideons uitgegee, gevind het en wie se lewe daardeur onomkeerbaar verander is. Dit sluit in gevangenes, prostitute, dwelmhandelaars en mense wat op die punt was om selfmoord te pleeg.
Die Gideons is afhanklik van skenkings om die drukkoste van die Bybels wat hulle versprei, te betaal. Alle ander uitgawes, soos reiskoste, wanneer Gideons na afgeleë plekke of internasionaal reis om Bybels te versprei, kom uit hulle eie sakke.
Die koste om die nasionale kantoor in Pretoria te bedryf, kom ook uit die sakke van die Gideons self.
Benewens die lewensbelangrikheid daarvan om die Woord te versprei, glo Gideons dat hoe gouer Bybels versprei kan word aan mense wat dit nie het nie, of nie oor die fondse beskik om dit te bekom nie, hoe gouer kan gemeenskappe in ‘n positiewe sin verander en mense meer verdraagsaam teenoor mekaar optree.
Die lede van die bestuur in die laers in die verspreidingsgebied van die Herald wat genader kan word om bankbesonderhede is: Potchefstroom (wat Ventersdorp-area insluit) – Hans Gouws 083 489 5365. Vanderbijlpark (wat Sasolburg-area insluit) – Piet Swanepoel 072 596 9881. Vereeniging (wat Meyerton-area insluit) – Gene Pienaar 076 290 1323. Fochville (wat Carletonville-area insluit) – Dré Schalekamp 083 451 0574 en Parys – Marius Pieters 082 336 2966.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button