Entertainment

DStv, Netflix en Showmax: die voor- en nadele van elk

Daar is soveel verskillende moontlikhede vir TV-vermaak vir jou en jou gesin, ’n mens weet regtig nie wat om te kies nie. Die een is baie duur, die ander een se funksies is beperk en kan boonop jou data vreet. Karen van der Berg skryf op Solidariteit se webstuiste oor die verskillende opsies vir TV kykers. …

Karen van der Berg skryf op Solidariteit se webstuiste oor die verskillende opsies vir TV kykers.

Daar is soveel verskillende moontlikhede vir TV-vermaak vir jou en jou gesin, ’n mens weet regtig nie wat om te kies nie. Die een is baie duur, die ander een se funksies is beperk en kan boonop jou data vreet.

So, om dinge vir jou te vergemaklik, het Jou Wêreld gaan uitvind wat die voor- en nadele van DStv, Showmax en Netflix is.

Een ding is egter seker, dit maak nie saak wat jy kies nie, jou internetstroming moet reg wees en onbeperkte wifi word aanbeveel.

MJ Lourens, ’n mediakenner van Kaapstad, het die verskille uitgelig.

 

DStv (Premium)

  • Jy kan toegang deur jou selfoon, tablet en rekenaar ook kry.
  • Jy kan regtreekse TV-stroming kry ─ soos ’n rugbywedstryd by ’n (ontydige) troue.
  • DStv se programrooster is eenvoudig en maklik om programme op te spoor.
  • Jy kan ’n app gebruik om programme te skeduleer.
  • Catch Up neem programme automaties op.
  • Jy kan programme aflaai en later kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.
  • Daar is heelwat plaaslike inhoud.
  • Daar is Afrikaanse kanale.
  • Jy kan verskillende toestelle aan een rekening koppel. Die hele gesin hoef dan nie noodwendig na, byvoorbeeld, animasie te kyk nie.

Nadele

  • Jy kan nie programme van jou selfoon na jou Apple-TV of slim TV stroom nie.
  • Jou subskripsie beloop amper op ’n R1 000 per maand.

Netlix

Voordele

  • Die eerste maand is gratis.
  • Daar is ’n verskeidenheid prysmoontlikhede waarvan die duurste R200 per maand is.
  • Dit werk op jou slimfoon, tablet, rekenaar, Apple TV, Chrome, ens.
  • Jy kan inhoud vanaf jou mobiele toestel na jou Apple TV, slim TV, ens., stroom.
  • Sommige reekse, flieks, programme en dokumentêre word eksklusief vir Netflix geskiet.
  • Jy kan verskillende profiele vir die hele gesin opstel.
  • Dit maak aanbevelings op grond van vorige programme waarna jy gekyk het en jou belangstellings.
  • Volledige reekse is beskikbaar.

Nadele

  • ʼn Seisoen wat nié deur Netflix vervaardig word nie, moet eers klaar wys op TV voordat dit op Netflix beskikbaar is, soos How to get away with murder – die reeks maak klaar op TV en dan begin dit op Netflix.
  • Daar is minder programme in Suid-Afrika as in ander lande.
  • Jy kan dit nie aflaai om niegekoppel daarna te kyk nie.
  • Daar is geen plaaslike inhoud nie.
  • Jou TV-gesprekke word aansienlik minder as jy nie ander vriende het wat Netflix gebruik nie. Só is jy soms agter of jy praat van goed waarvan niemand nog gehoor het nie. TV-praatjies is moeiliker.

SHOWMAX

Voordele

  • Dit kos net R99 per maand.
  • Jy kan tot vyf toestelle aan een rekening koppel.
  • Dit werk op ’n selfoon, tablet, rekenaar, Apple TV, Google Chrome, ens.
  • Die meeste van die titels wat op Netflix SA ontbreek, is hier beskikbaar en daar is plaaslike inhoud.
  • Volledige reekse is beskikbaar.

Nadele

  • Slegs die eerste sewe dae is gratis.
  • Die wonderlike eksklusiewe Netflix-inhoud is nie hierop beskikbaar nie.
  • Jy kan nie verskillende profiele vir die gesin skep nie.
  • Daar is geen sport of nuusprogramme wat jy saans of tydens ’n braai kan kyk nie.

Bykomende bron: www.cosmopolitan.co.za

Related Articles

Back to top button