NewsNews
Skoolmaats, familie, vriende groet vir oulaas
Vanoggend is afskeid geneem van Derik Olivier (16), ‘n graad 11 leerling van Hoërskool Parys en seun van Geo en Daline Olivier. Derik is Dinsdag 21 Maart oorlede in ‘n motorongeluk op die Skietkop-pad. Die begrafnisdiens was vanoggend vanuit die NG gemeente Parys-Oos gehou. Talle van sy skoolmaats, vriende en familie het in die volgepakte …

Vanoggend is afskeid geneem van Derik Olivier (16), ‘n graad 11 leerling van Hoërskool Parys en seun van Geo en Daline Olivier. Derik is Dinsdag 21 Maart oorlede in ‘n motorongeluk op die Skietkop-pad. Die begrafnisdiens was vanoggend vanuit die NG gemeente Parys-Oos gehou. Talle van sy skoolmaats, vriende en familie het in die volgepakte kerk maar ook buite op die grasperk waar stoele uitgepak was, van Derik kom afskeid neem. Sy plekkie is leeg maar sy spore lê diep getrap in so baie harte van Parys se mense. Mense wat hom sal onthou vir die mooi voorbeeld wat hy gestel het, sy geloof en sy glimlag wat harte geraak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



