NewsNews

Landelike beveiliging – regering doen te min te laat

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, het sy kommer oor landelike veiligheid in die Vrystaat uitgespreek en gesê dat ʼn imbizo oor landelike beveiliging nie gaan help nie.  Daar moet ʼn nuwe plan gemaak word, plaasaanvalle het gedurende die eerste drie maande van 2017 teen ʼn ongekende koers toegeneem en is ʼn reuse …

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, het sy kommer oor landelike veiligheid in die Vrystaat uitgespreek en gesê dat ʼn imbizo oor landelike beveiliging nie gaan help nie.  Daar moet ʼn nuwe plan gemaak word, plaasaanvalle het gedurende die eerste drie maande van 2017 teen ʼn ongekende koers toegeneem en is ʼn reuse krisis. 

 

Wessels het vandag in ʼn debat in die Wetgewer oor die begroting van die departement van Polisie, Paaie en Vervoer gesê dat plaasmoorde dikwels gepaard gaan met geweldige wreedheid, waar oumense met ysters gebrand word, gate in mense se koppe geboor word en slagoffers vir ure op die grusaamste wyses denkbaar gemartel word voor hulle vir dood agtergelaat word. 

 

Hy het ʼn beroep op boere gedoen om hulself en hul gesinne te beveilig en weerbaar te maak teen sulke aanvalle.  ʼn Nuwe plan vir hierdie tipe misdade en daadwerklike optrede is nodig. Die regering doen te min te laat wat dit betref.

 

Wessels het ook die eerlike en hardwerkende lede van die Suid-Afrikaanse polisie bedank vir hulle harde werk.  Ten spyte van moeilike en gevaarlike werksomstandighede en ʼn geweldige tekort aan hulpbronne en ondersteuning is daar steeds eerlike polisiemanne en –vroue wat die gemeenskap dien tot die beste van hulle vermoë.

 

“Die departement moet verder gaan as sy jaarlikse prestasieplan en die inligting wat hy versamel daadwerklik gebruik om die hulpbron-tekorte by polisiestasies op nasionale vlak aan te spreek om polisielede in staat te stel om die gemeenskap van die Vrystaat beter te beveilig,” het hy gesê.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button