NewsNews

NWU stel bekend eerste van sy soort tegnologie

Op Donderdag 16 Maart het die ingenieurswesefakulteit van die NWU se Potchefstroomkampus die eerste gelykstroom hidrotermale smeltingsaanleg (Continuous Hydrothermal Liquefaction Plant) in die wêreld bekendgestel. Gaste aanskou die splinternuwe gelykstroom hidrotermale smeltingsaanleg. Op Donderdag 16 Maart het die ingenieurswesefakulteit van die NWU se Potchefstroomkampus die eerste gelykstroom hidrotermale smeltingsaanleg (Continuous Hydrothermal Liquefaction Plant) in die …

Gaste aanskou die splinternuwe gelykstroom hidrotermale smeltingsaanleg.

Op Donderdag 16 Maart het die ingenieurswesefakulteit van die NWU se Potchefstroomkampus die eerste gelykstroom hidrotermale smeltingsaanleg (Continuous Hydrothermal Liquefaction Plant) in die wêreld bekendgestel.

Van links is Jaco Jansen, oud-chemiese ingenieurswesestudent wat verlede jaar aan die aanleg gewerk het, Andries Laubscher, meesterstudent aan chemiese ingenieurswese wat die jaar aan die aanleg gaan begin werk, en Julius von Wielligh, meetserstudent wat tans aan die aanleg werk. Foto: Marianke Saayman

Hierdie NRF (National Research Foundation)-geborgde aanleg is onder leiding van prof. Sanette Marx van die navorsingsprogram van die NRF-navorsingsraad in Bio-brandstowwe aan die been gebring.
Alhoewel son- en windkrag gebruik kan word om elektrisiteit te genereer, is ʼn koolstofbron wel nodig vir die produsering van vloeibare brandstowwe en chemikalieë. Vir die afgelope 9 jaar het die NRF navorsingsraad in bio-brandstowwe al hul tyd spandeer in die ontwikkeling van hidrotermale smeltingstegnologie om sodoende vloeibare brandstowwe (bio-olie), soliede brandstowwe (biochar), bio-chemikalieë en bio-gas te vervaardig.
Hierdie enig-in-sy-soort masjinerie maak dié prosesse nie net makliker nie, maar ook vinniger en het die kapasiteit om lignosellulose bio-massa in water toevoer van 150 liter per uur teen ʼn tyd van 10 minute en ʼn ontwerpstemperatuur en drukking van 350°C en 100 bar te produseer. Die enigste ander model wat naby aan die NWU se gelykstroom hidrotermale smeltingsaanleg kom, is by die Universiteit van Sydney in Australië, alhoewel hierdie model maar net ʼn maksimum toevoer van 90 liter per uur produseer.

Prof. Sanette Marx wys van die produkte wat die aanleg produseer.

Die NWU se gelykstroom hidrotermale smeltingsaanleg is ontwerp en gebou onder opdrag van MHT (Mas sand Heat Transfer Technology), ʼn ontwerp- en ingenieursmaatskappy in Johannesburg wat besit word deur twee NWU alumni, Christo van den Heefer en Pieter van Staden. Verder het daar nog 2 PhD, 6 meesters- en 9 finalejaar- chemiese ingenieurswese studente oor die tydperk van 9 jaar aan die aanleg gewerk.
Alhoewel die aanleg vir nou slegs gebruik gaan word vir navorsingsdoeleindes, is dit steeds die eerste van sy soort in die wêreld wat gebruik maak van biomassa as roumateriaal, en navorsers reg oor die wêreld het gretig gewag vir sy ingebruikneming.
Die bio-steenkool wat deur die aanleg vervaardig word, kan in verskeie programme gebruik word. Dit sluit in mede-opwekking, mede-vergassing met steenkool om die swaelvoetspoor van steenkool verbranding of vergassing te verminder. Dit kan ook gebruik word vir saneringsproduk in die landbou-industrie of as absorbeerder vir die verwydering van swaar metale en organiese besoedelingstowwe van industriële waterstrome.
Prof. Sanette Marx, prof. John Bunt en prof. Frans Waanders van die NWU het onlangs ʼn patent geregistreer vir die gebruik van dié bio-steenkool.
Volgens prof. Marx, indien hierdie nuwe tegnologie op grootskaal gebruik gaan word, sal dit oor die langtermyn kan bydrae tot ʼn skoner, veiliger omgewing met dieselfde kwaliteit van brandstof en energie.
As biomassa ons energiebronne kan aanvul, sal die leeftyd van ons huidige steenkool verleng word terwyl ons afhanklikheid van ingevoerde olie verminder kan word.
Hierdie sal bydra tot skoner en meer bekostigbare brandstofprodukte in die toekoms.

Related Articles

Back to top button