HealthLifestyle

Die geskenk om te kan hoor kom almal toe

Vrydag 3 Maart was dit die jaarlikse Wêreldgehoordag wat bewustheid wil skep vir gehoorverlies en dowes wêreldwyd. Die verlies van gehoor is ʼn probleem wat baie bejaardes beïnvloed en kan in baie gevalle opgelos word met ʼn gehoortoestel. Vir behoeftige bejaardes is dit dikwels nie moontlik om gehoorapparate aan te koop nie. Daarom het Solidariteit …

Vrydag 3 Maart was dit die jaarlikse Wêreldgehoordag wat bewustheid wil skep vir gehoorverlies en dowes wêreldwyd. Die verlies van gehoor is ʼn probleem wat baie bejaardes beïnvloed en kan in baie gevalle opgelos word met ʼn gehoortoestel.
Vir behoeftige bejaardes is dit dikwels nie moontlik om gehoorapparate aan te koop nie. Daarom het Solidariteit Helpende Hand hulle gehoorprojek geloods.
Gehoorverlies beïnvloed meer as 5% van die wêreldpopulasie. Dit kan geneties wees, as gevolg van komplikasies by geboorte, nagevolge van siekte of as gevolg van skade wat later aangerig is.
Die implikasie van gehoorverlies is dat die persoon baie dinge ontneem word wat die res van ons as vanselfsprekend ervaar, byvoorbeeld televisie kyk, kuier met familie of om vir hulp te vra by ‘n winkel. Gehoorverlies by volwassenes kan lei tot werksverlies, verlies aan sosiale bande, eensaamheid en depressie.
“Gehoorverlies in bejaardes is baie meer algemeen as wat ons noodwendig besef. Baie bejaardes kan nie bekostig om gehoortoetse of gehoortoestelle te kry nie. Dit veroorsaak dat hulle dan dag in en dag uit in stilte hulle gebrek verduur. Baie bejaardes verarm so- siaal en ekonomies as gevolg van hierdie gebrek,” sê René du Preez, projekorganiseerder van Helpende Hand.
“Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met Impact Hearing, het hierdie jaar weer ‘n projek waar ons bejaardes gaan help met gehoortoestelle.
“Tot dusver het ons 126 mense gehelp en ons het ʼn waglys van 30 mense wat oorgestaan het van verlede jaar. Hierdie jaar kan ons slegs 50 mense help, maar die nood is soveel groter,” sê Du Preez.
Om die projek uit te brei en nog mense te help, benodig Helpende Hand steun van die publiek.
Om nog fondse te genereer wat nog gehoortoestelle gaan aankoop, kan die publiek die woord “gehoor” SMS na 38969 (SMS kos R10) en daar sal R9 aan die projek geskenk word. Vir groter donasies of verdere navrae kan René by (012) 644 4390 of rene@helpendehand.co.za gekontak

Related Articles

Back to top button