NewsNews

Vensters tot jou persoonlikheid – waar pas jy in?

Weet jy wie jy is? Weet jou werkgewer, kollegas, studente, eggenoot en kinders wie jy is? Verstaan jy hoekom hulle optree soos hulle optree? Lynette Beer, ’n persoonlikheidskenner kom gesels op 25 Maart oor die Vensters tot jou Persoonlikheid tydens ’n werkswinkel wat jou die emosionele taal van ander sal help verstaan; en hoe om …

Weet jy wie jy is? Weet jou werkgewer, kollegas, studente, eggenoot en kinders wie jy is? Verstaan jy hoekom hulle optree soos hulle optree?
Lynette Beer, ’n persoonlikheidskenner kom gesels op 25 Maart oor die Vensters tot jou Persoonlikheid tydens ’n werkswinkel wat jou die emosionele taal van ander sal help verstaan; en hoe om jou eie lewe in perspektief te plaas om hoër hoogtes te bereik en onnodige stres en uitputting te vermy.
Die werkswinkel word aangebied deur Alzheimer Parys, in samewerking met Najaarsrus.
Dit word van 12:00 tot 13:30 aangebied en kos slegs R50 per persoon.
Lynette was ’n  direkteur in ’n suksesvolle internasionale groep maatskappye waar sy verantwoordelik was vir bemarking en die persoonlike ontwikkeling van personeel.
In 2007 ontvang sy ’n toekenning in haar industrie vir die mees suksesvolle besigheidskonsep en was bevoorreg om ‘n besigheidsaanbieding in Times Square sowel as in Londen te kon doen.
Sy is ’n  gepubliseerde skrywer van Carpe Diem Uitgewers met haar nuutste boek, “Watter kleur is jou persoonlikheid?”
Boonop spog sy met die Presidensiële toekenning as Besigheidsvrou van die Jaar wat aangebied word deur die Nasionale Raad vir Sakevroue (SACBW).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button