NewsNews

Rowers wat egpaar met verkagting en marteling dreig vas

Twee verdagtes wat ‘n paartjie in Klerksdorp met verkragting en marteling gedreig het, is  op 20 Maart in hegtenis geneem. Illustration photo   Volgens Lt. Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, is die 32 en 35 jarige verdagtes in die Klerksdorp se landdroshof geidentifiseer waar hulle voorgekom het op aanklag van ‘n ander huisroof wat vroeër in Maart …

police,saps

Illustration photo

 

Volgens Lt. Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, is die 32 en 35 jarige verdagtes in die Klerksdorp se landdroshof geidentifiseer waar hulle voorgekom het op aanklag van ‘n ander huisroof wat vroeër in Maart plaasgevind het.

Die twee verdagtes deel van ‘n groep van drie wat ‘n 47 jarige man in November verlede jaar by sy huis in Klerksdorp oorval het. Die drie was gewapen met ‘n vuurwapen en messe. Hulle het glo die man terug in sy huis forseer waar hulle hom, sy vrou, die bediende en die tuinier vasgebind het.

“Hulle het na bewering die egpaar met vuurwapens in hulle gesigte geslaan, waarna die vrou ernstige gesigbeserings opgedoen het. Die verdagtes het ook gedreig om hulle te brand met ‘n strykyster en probeer om die tuinier te dwing om die man se vrou te verkrag,” het Makau in ‘n verklaring gesê.

Die rowers is weg nadat hulle ‘n vuurwapen, kontant, beursies en ander waardevolle items gevat het.

Volgens Makau is al die slagoffers se monde toegeplak waarna hulle in die badkamer toegesluit is. Die twee sal na verwagting more (22 Maart) in die hof verskyn op aanklag van huisroof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button