NewsNews

Lyk van 12-jarige opgespoor

Polisie duikers het gister (21 Maart) die lyk van ‘n 12-jarige seun in ‘n dam by Geysdorp naby Delareyville gevind. Illustration photo   Die onvermoeide soektog is  deur die polisie begin   ná ‘n verdrinking voorval wat Sondag (19 Maart) plaasgevind het. Volgens Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, word daar beweer dat die slagoffer en  ander seuns …

police,saps

Illustration photo

 

Die onvermoeide soektog is  deur die polisie begin   ná ‘n verdrinking voorval wat Sondag (19 Maart) plaasgevind het.

Volgens Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, word daar beweer dat die slagoffer en  ander seuns van ‘n binneband afgeval het wat deur ‘n boot getrek was. Die ander seuns tussen 12 en 13 jaar oud kon deur die boot se bestuurder gered word.

“‘n Saak van strafbare manslag is geopen vir verdere ondersoek maar niemand is op hierdie stadium in hegtenis geneem nie,” het Mokgwabone gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button