NewsNews

Huisroof: Wat om te doen

Misdaad wat met eiendom verband hou soos diefstal, inbrake, winkeldiefstal, handsak- of selfoon grypdiewe en diefstal uit motors, lei tot baie onnodige ongerief en verarming in ons gemeenskappe en neem daagliks toe. As jy gesteelde goedere koop of verkoop, dra jy direk daartoe by dat hierdie misdaad bevorder word, deurdat ’n mark geskep word. Onthou …

Misdaad wat met eiendom verband hou soos diefstal, inbrake, winkeldiefstal, handsak- of selfoon grypdiewe en diefstal uit motors, lei tot baie onnodige ongerief en verarming in ons gemeenskappe en neem daagliks toe. As jy gesteelde goedere koop of verkoop, dra jy direk daartoe by dat hierdie misdaad bevorder word, deurdat ’n mark geskep word. Onthou ook dat diewe baie dikwels selfs moor en aanrand om te kry waarna hul soek. Om gesteelde goedere te ontvang is strafbaar deur die wet.
Wanneer is dit huisroof?
As iemand geweld sou gebruik of dreig om geweld te gebruik om te steel by, of in ’n residensiële woning.
Wat moet jy doen as by jou ingebreek word?
1. Skakel jou naaste polisiestasie en wag tot die verklarings en vingerafdrukke geneem is voor jy aan enigiets raak.
2. Moenie ander mense of maatskappye toelaat om in jou huis in te kom en aan goed te raak voor die polisie die toneel ondersoek het.
3. Sorg altyd dat jy ’n lys byhou van die maak, model en reeksnommers van elektriese toebehore en ander waardevolle toerusting in jou huis. Dit help met die opsporing van gesteelde goedere en ook vir jou versekering.
Hoe voorkom jy roof en diefstal?
1. Ken alle nodige noodnommers of hou dit sigbaar opgeplak in jou huis of op jou selfoon.
2. Sorg vir goeie beligting buite jou huis maar skakel die buiteligte af gedurende die dag. Ligte wat heeldag brand en pos wat in jou hek of posbus gelaat word is ’n duidelike teken dat niemand tuis is nie.
3. Moet nooit jou hekke, motorhuisdeure, voor- of agterdeur oop laat nie.
4. Moenie sommer net jou deur oopmaak as die voordeurklokkie lui of iemand klop nie.
5. Sê vir jou huishulp en kinders as jy iemand tuis verwag om byvoorbeeld herstelwerk te doen. Die persoon moet hom kan identifiseer.
6. Moenie dieselfde roete huis toe en werk toe ry nie en moenie jou motor buite laat staan as jy ’n motorhuis het nie. Toets gereeld jou alarm en aktiveer dit ook snags.
7. Installeer ’n veiligheidshek in jou huis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button