NewsNews

R855 miljoen se geskenk uit die hemel

In Februarie het dit genoeg in Potchefstroom gereën om sowat 11 400 Olimpiese swembaddens vol te maak. Wouter Pienaar, die Herald se sportverslaggewer, juig van opgewondenheid oor die reën. In Februarie het dit genoeg in Potchefstroom gereën om sowat 11 400 Olimpiese swembaddens vol te maak. Volgens mnr. Ray van Rensburg, wat reënvalsyfers van die …

Wouter Pienaar, die Herald se sportverslaggewer, juig van opgewondenheid oor die reën.

Wouter Pienaar, die Herald se sportverslaggewer, juig van opgewondenheid oor die reën.

In Februarie het dit genoeg in Potchefstroom gereën om sowat 11 400 Olimpiese swembaddens vol te maak. Volgens mnr. Ray van Rensburg, wat reënvalsyfers van die afgelope 40 jaar byhou, het dit in Februarie 154 mm gereën. Dit is ’n hele 50 mm meer as die langtermyn gemiddeld van die afgelope 40 jaar.

Prof. Kobus van der Walt van die NWU se fakulteit natuurwetenskappe sê dit beteken dat daar 154 liter water op elke vierkante meter geval het, wat 1,54 miljoen liter water op elke hektaar is. Binne die stadsgrense beslaan Potchefstroom sowat 185 km² (18 500 ha). Indien dit in Februarie 154 mm oral in Potchefstroom gereën het, beteken dit dat daar sowat 28,5 miljard liter water in Potchefstroom geval het.

Prof. Kobus van der Walt.

Prof. Kobus van der Walt.

Om dit in perspektief te plaas, is dit genoeg water om 11 400 Olimpiese swembaddens van 2.5 miljoen liter water elk, vol te maak. As mens hierdie water met 40 ton vragmotors na Potchefstroom wou vervoer, sou jy 712 500 vragte water moes aanry,” sê prof. Van der Walt. Die gemiddelde munisipale prys van water is ongeveer R30 per kiloliter, wat beteken dat die waarde van die water wat in Februarie in Potchefstroom geval het, sowat R855 miljoen werd is.

“Dit is letterlik ’n reuse geskenk uit die hemel,” sê hy.

Related Articles

Back to top button