Entertainment

Fliek Vlooi: Keeping up with the Joneses

Ek gee Keeping up with the Joneses 6/10. Die akteurs is verskriklik snaaks (wat anders kan verwag word van Galifianakis en Fisher?), maar die storielyn het ’n gebrek aan diepte gehad, en was glad nie werklik interessant of opwindend nie. Keeping up with the Joneses is ’n Amerikaanse aksie-komedie film, en die tweede een wat …

Keeping up with the Joneses is ’n Amerikaanse aksie-komedie film, en die tweede een wat ek die jaar gekyk het waarin die snaakse komediant Zach Galifianakis speel.
Galifianakis stel nooit teleur as dit daarby kom om ’n film snaaks te maak nie, en dit kan weer eens bewys word in Keeping up with the Joneses.
Om die fliek net nog snaakser te maak, het die regisseurs die bekende rooikop-komediant Isla Fisher, ook in die rolverdeling gegooi.
Galifianakis en Fisher speel die gelukkig getroude ouers Jeff en Karen, wie se twee kinders weg is op ’n skoolkamp.
Terwyl die twee doodgewone ouers probeer besluit wat hulle tydens hul alleentyd gaan doen, is daar besig om nuwe bure by die huis langs hulle in te trek.
Tim en Natalie Jones (Jon Hamm en Gal Gadot) lyk soos die perfekte getroude paartjie, en die hele buurt wil dadelik sommer met hulle vriende wees, aangesien hulle albei baie aantreklik, baie suksesvol en baie verlief is.
Karen, so nuuskierig soos wat sy is, bespeur die nuwe bure en besluit dat daar iets nie pluis is nie.
Karen en Jeff besluit om ondersoek in te stel om te probeer bewys dat hul perfekte bure eintlik spioene is. Kort voor lank kom die paartjie op die waarheid af, maar nie voordat hulle hulself kniediep in die moeilikheid laat beland nie.

Ek gee Keeping up with the Joneses 6/10. Die akteurs is verskriklik snaaks (wat anders kan verwag word van Galifianakis en Fisher?), maar die storielyn het ’n gebrek aan diepte gehad, en was glad nie werklik interessant of opwindend nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button