NewsNews

Vrou die josie in na slaggat groot skade veroorsaak

VEREENIGING. – Die huidige toestand van ons paaie is vir die meeste motoriste ‘n groot kopseer. As jy gelukkig is, is jy een van die wat nie skade aan jou voertuig opdoen as gevolg van reuse-slaggate in die paaie nie. Maar jy kan net sowel een van die ongelukkiges wees wat maar sal moet opdok …

Anette Mundell was gister omstreeks 16:30 op pad na haar huis  in Meyerton toe sy noodgedwonge deur een van die baie slaggate in Limpopostraat in Drie Riviere  moes ry.

“Gewoonlik ry ek in die aankomende verkeer se baan om die slaggat mis te ry, maar gister het ‘n ander voertuig vir ‘n ander slaggat uitgeswaai en in my baan gery. Ek kon dus nie anders as om deur dit te ry nie. Ek het egter probeer om die slaggat te mis,” sê sy.

 

 

Die slaggat waardeur Anette gery het.

 

Die linker voorwiel van haar Kia Picanto is daarmee heen en daar is ook krapmerke aan haar voertuig se modderskerm.

“Dit was nogal ‘n harde slag. Ek het so gou moontlik afgetrek en my versekering geskakel om my te help. Die vriendelike personeel van Vaal Auto Craft was vinnig daar en baie behulpsaam,” sê sy.

 

Die skade aan die wiel wat vervang moet word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button