Maak seker jou huismense is veilig
In die lig van die skerp styging in misdaad wat ook in Parys gesien word, is dit nodig dat jy seker maak jy doen alles in jou vermoë om jou en jou gesin te beveilig. * Verseker dat alle hekke en deure gesluit is in die nag, en vensters behoorlik op knip is. Hou slegs …

In die lig van die skerp styging in misdaad wat ook in Parys gesien word, is dit nodig dat jy seker maak jy doen alles in jou vermoë om jou en jou gesin te beveilig.
* Verseker dat alle hekke en deure gesluit is in die nag, en vensters behoorlik op knip is. Hou slegs vensters oornag oop wat behoorlike, stewige diefwering het.
* Installeer ’n alarmstelsel met ’n paniekknoppie, verkieslik gekoppel aan ’n sekuriteitsmaatskappy se beheerkamer.
* Maak seker dat al jou voertuie gesluit is.
* Moenie waardevolle items oornag in ’n voertuig los nie, en onthou om jou motorhuis te sluit.
* Pak enige voorwerpe wat teen jou gebruik kan word weg, byvoorbeeld grawe, toue of ’n leer.
* Kry beligting vir jou erf – wanneer ligte aangaan word kriminele afgeskrik.
* Maak seker dat enige outomatiese hek ’n bystandbeheerbattery het, en dat alle afstandbeheer in goeie werkende toestand is.
* Installeer ’n veiligheidshek binne jou woning om byvoorbeeld die voorste vertrekke van jou slaapkamers te skei, of maak seker jy het ’n veiligheidskamer met ’n telefoon, paniekknoppie en pepersproei.
* Maak seker dat jy alle noodnommers byderhand het, insluitende die polisie, sekuriteitsmaatskappye en die ambulans.



