Nog A’s vir Parys se 2016 matrikulante
Ná die hermerk van die 2016 matriekvraestelle, spog vier leerlinge van Hoërskool Parys met nog A-simbole. Die skool se 2016 toppresteerder, Michael Taljaard het nou 6 onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering onderskeidelik.. Liebe Keyser het nou 5 A-simbole in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, lewenswetenskappe, geografie …

Ná die hermerk van die 2016 matriekvraestelle, spog vier leerlinge van Hoërskool Parys met nog A-simbole.
Die skool se 2016 toppresteerder, Michael Taljaard het nou 6 onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering onderskeidelik..
Liebe Keyser het nou 5 A-simbole in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, lewenswetenskappe, geografie en lewensoriëntering, terwyl Amoré Kok 4 A’s het in dramatiese kuns, wiskundige geletterdheid, rekenaartoepassingstegnologie en lewensoriëntering onderskeidelik. Lelanie Keyser het 2 A’s in Afrikaans Huistaal en lewensoriëntering.


