NewsNews

Rowers maak kos terwyl makker pinnommer toets

Terwyl een gaan seker maak het by die kitsbank dat die pinnommer wat hul slagoffers vir hulle gegee het reg is, het sy makkers solank vir hulself kos gemaak in hul slagoffers se kombuis Die bejaarde egpaar is verlede Donderdag by hul meenthuis in Eerstelaan langs die Sonskyn-aftreeoord naby die laerskool, in hul huis deur gewapende rowers oorval, ’n dag nadat ’n vrou in Fouchestraat, Parys, vermoor is en skaars ’n week ná ’n gewapende roof in Grewarlaan.

Terwyl een gaan seker maak het by die kitsbank dat die pinnommer wat hul slagoffers vir hulle gegee het reg is, het sy makkers solank vir hulself  kos gemaak in hul slagoffers se kombuis
Die bejaarde egpaar is verlede Donderdag by hul meenthuis in Eerstelaan langs die Sonskyn-aftreeoord naby die laerskool,  in hul huis deur gewapende rowers oorval, ’n  dag nadat ’n  vrou in Fouchestraat, Parys, vermoor is en skaars ’n  week ná ’n  gewapende roof in Grewarlaan.
Volgens die polisie het die rowers waarskynlik by die agterdeur toegang tot die huis verkry en die vrou toe by die voordeur oorval. Sy en haar man is in die sitkamer vasgebind, en juwele, selfone en ’n  bankkaart is gevat.
Die rowers is te voet weg met hul buit nadat die geld by die bank getrek is. Die egpaar is nie beseer  nie.
Sedert September verlede jaar is daar sporadies elke maand ’n  huisroof in Parys. Ook huisbrake en inbrake by besighede het skerp toegeneem. Veral die dorp se nywerheidsgebied loop die afgelope tyd kwaai deur en dit is veral Gibbon en Shochetstraat wat geteiken word. Ook huisbrake by plase neem toe.
Die polisie vra die publiek baie ernstig om seker te maak jy sluit jou deure en hou venters sonder diefwering toe. Sluit jou motorhuisdeure en moenie waardevolle items sigbaar laat rondlê nie.
Sou jy wel oorval word, gee  jou samewerking eerder as om jou teë te sit. Jou lewe is meer werd. * Twee verdagtes is Maandag  by Sonskyn-aftreeoord opgemerk waar hulle oor die muur gespring en weggehardloop het, maar daar was geen inbraak of roof nie.

Related Articles

Back to top button