NewsNews

Voëlklub kyk na flaminke by Inlandsee

Die volgende byeenkoms van die Feathers-voëlklub word op Donderdag 23 Maart om 18:30 by die Sally Martin Park saal in Parys gehou. Hansie Bekker sal foto’s van voëls wat hulle in die Pilanesberg Natuurreservaat gesien het, kom deel.

Uitstappie:
Aangesien die besoek aan Inlandsee as gevolg van die nat paaie nie in Februarie kon plaasvind nie, sal die klub Inlandsee nou op Saterdag 25 Maart besoek. Daar is tans heelwat Flaminke op die dam en daar behoort ook baie water- en ander voëls by die dam en op pad daarheen te wees. Die groep vertrek om 06:30 vanaf  Pick n  Pay se parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, verkyker en stoele saam. Alle belangstellendes word vriendelik genooi om die geleenthede by te woon. Skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 /082 820 4306 of Peter Killian by 083 625 8100 vir meer inligting oor die uitstappie.

Related Articles

Back to top button