NewsNews

Pad na PTA tydelik gesluit

Die Suid-Afrikaanse Padagentskap (SANRAL) sê daar sal tydelike baansluitings op die N1-snelweg in Pretoria by die Garsfonteinbrug wees.

Die baansluitings sal duur tot 22 Maart.

Fase 1, wat reeds begin het, sal duur tot 15 Maart waartydens twee bane aan die linkerkant van die noordelike ryvlak tussen 21:00 en 06:00 toe sal wees. Fase twee sal vanaf 15-22 Maart duur waartdens twee bane aan die regterkant van die noordelike ryvlak gesluit sal wees tussen 21:00 en 06:00.

Die rede hiervoor is skade wat aan ‘n gedeelte van die Garsfonteinbrug gerig is weens swaar voertuie wat te hoog is.

‘n Kontrakteur is gekry om staalplate aan die onderkant van die brug aan te bring om die brug sodoende te versterk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button