NewsNews

Top SA sangers saam by Afrikaans Karnaval te sien

Saterdag 25 Maart vanaf 18:00 – Afrikaans Karnaval by Carnival City

Dozi is een van die kunstenaars wat gaan deelneem.

Van Suid-Afrika se mees geliefde en bekende Afrikaanse sangers gaan op Saterdag 25 Maart vanaf 18:00 vir die skouspelagtige vertoning, Afrikaans Karnaval, by Carnival City sorg.

Hierdie vertoning, wat ‘n jaarlikse instelling gaan word, word spesiaal deur Carnival City vir ondersteuners van Afrikaanse musiek aangebied.
“Afrikaanse musiek is lewendig en baie gewild, met baie talentvolle sangers. Dit is om hierdie rede dat ons vir Afrikaanse sangers ‘n platvorm wil bied waar hulle bymekaar kan kom en hul talente ten toon kan stel.
Dit is net waarvoor Gauteng gewag het en dit moet beslis nie misgeloop word nie,” sê Michelle Smith, bemarkingsbestuurder by Carnival City. Afrikaans Karnaval sal die diversiteit en energie van die land se heel beste Afrikaanse pop- en rock sangers bekendstel. Kom en geniet Riana Nel, Dewald Wasserfall, Karlien van Jaarsveld, Tripple 3 (Dozi, Jannie Moolman, Pieter Smith), Lianie May, Adam, Charlize Berg, Irene Louise van Wyk, Marno van der Merwe en Vernon Barnard. Afrikaans Karnaval word in die Big Top Arena by Carnival City aangebied. Kaartjies is reeds teen R150 per persoon by Computicket beskikbaar. Gaan like Carnival City se Facebookblad by www.facebook.com/CarnivalCitySA en volg hulle ook op Twitter @CarnivalCitySA * Vyf gelukkige lesers gaan dubbelkaartjies na die vertoning by Carnival City wen. SMS AFRIKAANS, die datum van die vertoning en jou eie naam en van na 45534. SMS’e kos R1-50 en moet ons nie later as 22 Maart bereik nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button