BusinessInternational

Het jou handelsmerk ‘persoonlikheid’?

VANDERBIJLPARK. – Elke sakeonderneming weet dat uitstekende kliëntediens, ‘n goeie produk waaraan kopers ‘n behoefte het en ‘n mededingende prys alles voorvereistes vir sakesukses is. Minder bekend is dat jou handelsmerk ook “ persoonlikheid” moet hê. Ongelukkig is dit dikwels hier waar baie sakelui faal. ‘n Kenner op die gebied van handelsmerkbemarking, Re-an Müller, het …

VANDERBIJLPARK. – Elke sakeonderneming weet dat uitstekende kliëntediens, ‘n goeie produk waaraan kopers ‘n behoefte het en ‘n mededingende prys alles voorvereistes vir sakesukses is. Minder bekend is dat jou handelsmerk ook “ persoonlikheid” moet hê. Ongelukkig is dit dikwels hier waar baie sakelui faal.
‘n Kenner op die gebied van handelsmerkbemarking, Re-an Müller, het lede van die Vanderbijlpark Sakekamer onlangs meer vertel oor die noodsaaklikheid van so ‘n unieke karakter vir hul dienste en produkte.
Müller is ‘n dosent in bemarking aan die NWU-Vaal en het al etlike internasionale artikels hieroor gepubliseer en was ook reeds genooide spreker by internasionale konferensies oor die onderwerp.
Hy is tans besig met sy doktorale navorsing wat fokus op “handelsmerk-persoonlikheid”. Buiten raadgewende werk vir verskeie sakeondernemings en entrepreneurs is hy ook besig met die ontwikkeling van ‘n skaal waarmee ondernemings hul eie simboliek-produk-handelsmerk-persoonlikheidseienskappe kan bepaal. Die skaal sal ‘n onderneming nie net insig in sy huidige handelsmerk-persoonlikheid gee nie, maar ook aanwysings oor toekomstige bemarkingstrategieë verskaf.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button