
Pigcasso is van ‘n varkplaas gered net voor sy geslag sou word. Kort daarna het haar liefde vir ‘n kwas en verf begin. EWN het berig dat Pigcasso na verwagting teen einde April haar eerste solo-kunsuitstalling gaan hê.
Haar kunswerke het ook al bekendheid in die buiteland verwerf en een van haar skilderye is vir ‘n allemintige R23 500 deur ‘n Walliese egpaar opgeraap.
Pigcasso besig om te skilder.
Die opbrengs wat uit Pigcasso se kunswerk gemaak word, word aangewend om die lewensomstandighede van plaasdiere te verbeter.
Tussen al die verf, geniet Pigcasso ook ‘n middagslapie of twee, lekker kos en ‘n modderbad.
Pigcasso en Joanne Lefson wat haar gered het.



