NewsNews

Vermoorde vrou se identiteit bekendgemaak

Die polisie het pas die identiteit bekendgemaak van die sakevrou wat Woensdagnag by haar huis in Fouchestraat, Parys vermoor is. Volgens polisiewoordvoerder kapt. Livhuhani Hani is die oorledene die 46-jarige Ronel Claassens, eienares van Parys Pawn & Secondhand Goods in Philipstraat. Sy is vermoedelik versmoor. Die oorledene het alleen in die huis gebly. Haar huishulp …

Die polisie het pas die identiteit bekendgemaak van die sakevrou wat Woensdagnag by haar huis in Fouchestraat, Parys vermoor is.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Livhuhani Hani is die oorledene die 46-jarige Ronel Claassens, eienares van Parys Pawn & Secondhand Goods in Philipstraat. Sy is vermoedelik versmoor.

Die oorledene het alleen in die huis gebly. Haar huishulp het Donderdagoggend 9 Maart op haar liggaam in die slaapkamer afgekom toe sy vir werk aangemeld het.

Volgens die polisieverslag wil dit voorkom asof sy waarskynlik tydens ‘n inbraak vermoor is. Van die goedere wat uit die huis gesteel is, sowel as die oorledene se voertuig is danksy die op-en-wakker optrede van polisielede teruggekry.

Hulle het ‘n kombi onder verdagte omstandighede vanoggend in die vroeë oggendure in Tweedelaan opgemerk en wou die voertuig van die pad aftrek.

Met dié het die bestuurder van die kombi weggejaag en in Endstraat gestop waar hy uitgespring en weggehardloop het.

Verskeie elektriese toestelle is in die kombi gekry. Daar is later vasgestel dat die goedere en die kombi met ‘n Botswana registrasienommer, die eiendom van die oorledene was.

Die polisie ondersoek duur voort. Enigeen met inligting word gevra om die polisie te skakel by (056) 816 2534.

Related Articles

Back to top button