NewsNews

Talentvolle Esmé mik vir Mev. SA-kroon

Sy’s nie net ’n talentvolle mode-ontwerper en knap sakevrou nie. Sy’s boonop ’n ywerige student, ma, Mev. Vrystaat en nou ook een van die Top 100 Mev. SA finaliste. Esmé Booyens-Burn van Parys sal op 28 April by die spog Kansa Gala-aand by Emperor’s Palace aan die Mev. Suid-Afrika uitdunne deelneem, waar 25 finaliste uit die Top 100 gekies sal word wat uiteindelik op 8 Oktober aan die finale kroningsgeleentheid sal deelneem.

Sy’s nie net ’n talentvolle mode-ontwerper en knap sakevrou nie. Sy’s boonop ’n  ywerige student, ma, Mev. Vrystaat en nou ook een van die Top 100 Mev. SA finaliste. Esmé Booyens-Burn van Parys sal op 28 April by die spog Kansa Gala-aand by Emperor’s Palace aan die Mev. Suid-Afrika uitdunne deelneem, waar 25 finaliste uit die Top 100 gekies sal word wat uiteindelik op 8 Oktober aan die finale kroningsgeleentheid sal deelneem.
Die afgelope naweek het sy reeds aan die foto- en video-opnames vir die 2017 Mev. SA-kroning deelgeneem.
Esmé wat ook die eienaar van The Mark of E is, dra nog haar Mev. Vrystaat-kroon tot Mei vanjaar, wanneer haar opvolger gekroon sal word.
Sy vertel dat sy al in 2016 voor die Mev. Vrystaat-kroning ingeskryf het vir die Mev. SA kompetisie en toe ook die Top 100 finaliste gehaal het. Sy het egter uitgeval in die semi-finaal
Moed opgee sou sy nie en deur haar betrokkenheid by die Destinata Skool vir Kinders met Spesifieke Leergestremdhede in Meyerton, het sy te hore gekom van die Mev. Vrystaat-kompetisie. Omdat sy vas geglo het sy kan dit doen, het sy besluit om ook daarvoor in te skryf. Min wetend dat sy met die 2016 kroon sou wegstap.
Haar ongelooflike selfmotivering en positiewe ingesteldheid op die lewe straal uit haar as sy vertel dat sy met haar swangerskap met haar seuntjie JC (2) 30kg opgetel het. In nege maande se tyd het sy nie net 27kg hiervan afgeskud nie, maar ook besluit sy sal weer haar ou self wees.
Net so het sy wat self aan disleksie ly, bewys dat waar ’n wil is, ’n weg is. Só  het sy haar graad in mode-ontwerp maar ook in besigheidsbestuur met groot sukses voltooi. En steeds studeer sy. Sy is tans ‘n tweedejaar student in regte aan Unisa – al het almal haar as kind probeer oortuig dat sy nie sal kan gaan studeer nie.  Haar grootste rolmodel en steunpilaar is haar ma, Charlene Booyens, terwyl haar man, Jonathan en klein JC haar hart se punt is.
Watter kwaliteite glo sy moet Mev. SA hê? “Mev. SA is iemand wat haar beste self is. Iemand na wie jy kan opkyk, ’n gewone vrou wat in alles wat sy doen haar beste gee.  Parysenaars kan gerus op Esmé se Facebookblad (Esme Booyens Burn) ingaan en op die skakel vir Mev. SA klik en haar foto gaan “like” om so ook jou steun vir haar te wys.
* Nog ’n  Parysenaar, Sanger Natasha Joubert  het al die kroon as Mev. Suid-Afrika en Mev. Wêreld gedra.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button