Dis Hoopfees dié naweek – hier’s die program
Onthou die Hoopfees is hierdie Saterdag 11 Maart vanaf 10:00 by die Parys Primêre skool se sportgronde. Hier kan jy verskeie uitstallers en kosstalletjies ondersteun en daar is genoeg vermaak en musiek wat ’n viering sal bied van God se liefde en nuwe hoop vir elkeen. Die program skop af om 10:30 met Jan de Wet & Die Loflaaities, waarna Piet Smit om 12:00 en Danie Botha om 13:30 optree. Om 15:00 kan die kleinspan naderskuif vir Lente en Karolus. Natasha Joubert tree om 16:30, Dewald Gouws om 17:30 en Juanita du Plessis om 19:00 op. Toegang kos R80 vir volwassenes, R70 vir pensioenarisse en R40 vir kinders.

Onthou die Hoopfees is hierdie Saterdag 11 Maart vanaf 10:00 by die Parys Primêre skool se sportgronde.
Hier kan jy verskeie uitstallers en kosstalletjies ondersteun en daar is genoeg vermaak en musiek wat ’n viering sal bied van God se liefde en nuwe hoop vir elkeen.
Die program skop af om 10:30 met Jan de Wet & Die Loflaaities, waarna Piet Smit om 12:00 en Danie Botha om 13:30 optree.
Om 15:00 kan die kleinspan naderskuif vir Lente en Karolus. Natasha Joubert tree om 16:30, Dewald Gouws om 17:30 en Juanita du Plessis om 19:00 op.
Toegang kos R80 vir volwassenes, R70 vir pensioenarisse en R40 vir kinders.
Het jy ’n paar plakkies in jou kas?
Dan is daar geen verskoning om nie die myl saam te stap op 11 Maart om 08:00 by die Parys Primêre skool se sportgronde in Eerstelaan.
Die lekker pretstap saam met sanger Natasha Joubert val saam met vanjaar se Hoopfees en is ten bate van die Emunah Founda-tion, Vrystaat Versorging in Aksie en Ma’s wat Omgee.
Om deel te neem kos slegs R20 en registrasie is vanaf 07:00. Vir navrae skakel 082 598 2264.



