NewsNews
Eskom: Daar is nog tyd
Eskom, Cogta en SALGA asook verteenwoordigers van die Ngwathe munisipaliteit onderhandel tans steeds oor beide ’n terugbetalingsplan en die Eskom hulpaanbod aan Ngwathe wat hoofsaaklik die vervanging van foutiewe, gebrugde en ou konvensionele elektrisiteitsmeters behels.

Eskom moet ’n implimenteringsplan voorlê aan die Raad waaraan hulle nog werk. Intussen is op tydelike betalings ooreengekom wat Ngwathe wel gedoen het, het Gazette verneem.
Derhalwe blyk daar nog tyd te wees vir verdere onderhandelinge totdat die volgende paaiement teen middel Maart betaalbaar is.
Hopelik sal ooreenkomste teen dan gefinaliseer kan word, sê Ngwathe rdl. Philip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus.