NewsNews

Wat op dees aarde hang aan dié kar?

SASOLBURG. – Op die oog af lyk dit kompleet asof dié kar in een of ander riller rolprent moet wees, maar in die werklikheid ry hy hier in die Vaaldriehoek rond.

Aanhangers van die rolprent Mad Max sal vinnig een en een bymekaar kan sit as hulle die kar sien, maar wie het met die oorspronklike idee vorendag gekom?

Die afgelope twee jaar bou Dylan Elbert, ‘n inwoner van Vaalpark, die kar op. “Hulle noem dit ‘n Rat Rod en ek gaan gereeld na skoue en gebruik dit vir funksies soos om graad 12-leerline na hul matriekafskeid te neem,” sê hy.

Dylan sê wanneer hy by ‘n skou is loop die mense verby die deftige blink-gepoleerde Ferrari en staan vir etlike oomblike stil by sy ‘Mad Max’ Mercedes om foto’s te neem.

Indien jy die voertuig gewaar, moenie skrik nie, Mad Max is nie in die Vaaldriehoek nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button