NewsNews

Uitbundig en Uitspattig in Kleur – ONDERSTEUN KANSA vandag in PARYS & SKENK BLOED

Wys jou ondersteuning vir ‘n kankeroorwinnaar en neem deel in die jaarlikse KANSA Shavathon met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens(SANBS) vandag Dinsdag 7 Maart 2017 by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00.

 

Wys jou ondersteuning vir ‘n kankeroorwinnaar en neem deel in die jaarlikse KANSA Shavathon met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens(SANBS) vandag Dinsdag 7 Maart 2017 by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00.

Skenkers word uitgenooi om die dag te ondersteun deur ‘n eenheid bloed te skenk en tot 3 lewens te red. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel.

Kommentaar Bronwyn Petersen, Skakel Beampte SANBS Kroonstad : ”Dit is baie belangrik om betrokke te wees in projekte wat ‘n verskil in die gemeenskap kan maak. 27% van bloed word gebruik vir mediese gevalle, bv. Kankerbehandeling, dus is KANSA baie na aan ons hart.

 

KANSA se Hoof van Volhoubaarheid, Maria Scholtz sê; “Shavathon bied aan jou die geleentheid om terug te gee deur fondse in te samel vir sorg- en ondersteuningprogramme van kankerpasiënte. Deur jou hare te laat skeer of sproei, of om jou hare vir pruike te skenk, bewys jy solidariteit met diegene wat die stryd teen kanker stry of met geliefdes en vriende van ‘n kankerpasiënt. Shavathon is ook ‘n tyd om hulle wat die geveg teen kanker verloor het te onthou en om hulde te bring aan hulle.”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button