NewsNews

Uitbundig en uitspattig in kleur – KANSA Shavathon

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) is weereens die gasheer van die jaarlikse KANSA Shavathon-veldtog in Parys. Vanjaar vier KANSA op 18 Maart die 14de verjaarsdag van Shavathon .

 

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) is weereens die gasheer van die jaarlikse KANSA Shavathon-veldtog in Parys. Vanjaar vier KANSA op 18 Maart die 14de verjaarsdag van Shavathon .

Om ‘n Shavathon gasheer by werksplekke, studieplekke, gemeenskapsale of tuistes te wees of by te woon, bied jou die kans om deel te wees van ‘n prettige gebeurtenis terwyl jy mense bewus maak van ‘n ernstige siekte. Vir ‘n R50 donasie (R25 vir kinders onder 12)  kan mense hul hare skeer of sproei. Hare in poniesterte wat 25cm of langer meet kan ook aan KANSA geskenk word. Hare wat geskenk word en wat voldoen aan al die nodige vereistes sal gebruik word om pruike te maak vir kankerpasiënte en sal gratis aan hulle verskaf word.

 

Deel jou storie – Hoekom Shavathon?

Om stories en ervaringe te deel, is ook deel van die Shavathon ervaring. Mense wat hare voorheen geskenk het, deel hul ervaringe en stories:

 

Kirshua Ramsammy – “Ek het hierdie jaar my poniestert aan KANSA geskenk sodat ‘n pruik daarvan gemaak kan word. Meer as 30cm van my hare is afgesny. Ek het my ma oortuig om dieselfde te doen en dit was nie ons eerste keer nie. Omdat dit vir my so ‘n ongelooflike ervaring was, sal ek dit weer en weer doen. Ek skenk graag my hare vir hierdie wonderlike inisiatief van KANSA.”

 

Deel jou prettige foto’s met ons op Facebook, Twitter en Instagram en onthou om die hutsmerk te gebruik: #CANSAshavathon

 

Shavathon en SANBD

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) gaan weer vanjaar kragte by sekere Shavathon geleenthede saamsnoer. By hierdie geleenthede gaan die publiek aangemoedig word om bloed te skenk terwyl hulle ook aan Shavathon deelneem.

 

Bloed wat geskenk word, word dikwels vir kankerpasiënte se bloedoortappings gebruik. Dit is waarom ons deelnemers aan Shavathon aanmoedig om ook bloed te skenk. Jy help  nie net ‘n kankerpasiënt met jou donasie van R50 (of R25 vir kinders) om KANSA in staat te stel om mense wat deur kanker geraak is, te ondersteun nie, maar nou kan jy tegelykertyd jou bloed skenk wat ‘n kankerpasiënt wat kankerbehandeling ontvang, kan help,” sê Scholtz.

 

Shavathon by Winkelsentrums

Scholtz voeg by: “KANSA is baie dank verskuldig aan die winkelsentrums wat deelneem. Omtrent al die winkelsentrums verskaf gratis spasie aan ons en help met verversings. KANSA sê baie, baie dankie.”

 

Die volledige lys van winkelsentrums wat deelneem is gelys op die webwerf: https://www.shavathon.org.za/participating-shopping-centres/

 

“KANSA Shavathon is ‘n prettige manier om jou ondersteuning in solidariteit te betoon aan mense wat op die oomblik teen kanker baklei. Dit maak ook mense bewus van die impak wat kanker het op almal wat daardeur geraak word. Shavathon sal niks wees sonder jou ondersteuning en sonder die hulp van al KANSA se toegewyde vrywilligers nie. KANSA sê dankie vir almal van julle,” voeg Scholtz by.

 

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800226622 of stuur ‘n epos aan info@cansa.org.za.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA, Instagram: @cancerassociactionofSouthAfrica en sluit aan by KANSA op Facebook: CANSAThe Cancer Association of SouthAfrica.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button