

Daar was bloedsweet en (amper) trane maar ook baie lag en plesier vir die manne en meisies op die 4×4-baan. En terwyl sake uitgespook is op die 4 x 4 baan, was daar ook genoeg uitdagings vir motorfietsryers, en baie te sien vir buitelug entoesiaste by verskeie stalletjies waar van messe tot witwaterroei en vele ander belangstellings geprikkel is.
Talle demonstrasies en veral die Warrior hindernisbane waaraan minstens 250 kinders deelgeneem het was baie gewild.
Die pretnaweek is in samewerking met MooiVaal Media (Potchefstroom Herald, Parys Gazette, Carletonville Herald, Noordwes Gazette, Ster en Vaalweekblad) aangebied.
FOTO’s: Thys Foord

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



