NewsNews

90 Jarige ouma vermoor

VANDERBIJLPARK. – ‘n 90-Jarige ouma en ma is vroeg gistervanaand deur haar dogter dood in haar kamer aangetref by die Pioneer woonstelle in Vanderbijlpark.

Die Polisie arriveer op die eerste vloer van die Pioneer House woonstelle waar die 90 jarige ouma Jossie Gilson vandag vermoor is. FOTO: JANNIE DU PLESSIS

Jossie  Gilson (90), is rondom 18:00 deur haar dogter in haar kamer op die eerste verdieping van die hoof woonstelblok gevind. Aanvanklik is gedink dat sy geval het en seerkgery het aangesien daar baie bloed was. Toe ER24 Paramediese personeel egter haar op die toneel dood verklaar het hulle veelvuldige steekwonde aan haar lyf gevind. Die polisie is gekontak wat sowat dertig minute later op die toneel opgedaag het.

Tannie Jossie het sowat drie kamers van haar dogter af gewoon. Volgens inligting op die toneel het niemand iets gesien nie. Die tyd van die moord is ook nog onbekend maar dit blyk dat dit vroegdag  Sondag 26 Februarie gebeur het.

Die Pioneer House woonstelblok. FOTO JANNIE DU PLESSIS

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button