NewsNews

Drie ernstig beseer in R59-ongeluk

MEYERTON. – Nooddienspersoneel van EE24 en Netcare 911 asook brandweermanne van Midvaal Brandweer het sover ‘n bedrywige oggend gehad.

Die wrak waaruit die passasiers bevry is.

Eers was daar ‘n skietvoorval in Gallowaystraat, Meyerton, waar twee mans dood is en toe ‘n ongeluk op die R59, rigting Alberton, waar drie mense ernstige beserings opgedoen het. Die ongeluk het tussen die Johan le Roux-afrit en Meyer-afrit plaasgevind.

Die bestuurder van die bakkie het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor waarna dit met ‘n muur gebots het.

Brandweermanne van Midvaal Brandweer moes lewenskake inspan om beseerdes uit die wrak te bevry.

Twee persone is per ambulans hospitaal toe vervoer vir verdere behandeling, terwyl die derde persoon met die Netcare 911 medikopter hospitaal toe gevlieg is.

Die pad is weer oop vir motoriste.

 

Netcare911 se medikopter het een van die pasiënte na die hospitaal gevlieg vir verdere behandeling.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button