NewsNews

Studente bly nog rustig in Drie Riviere

VEREENIGING. – Die studente wat by die huis op die hoek van Suikerbos- en Whareerylaan, in Drie Riviere, ingetrek het, is nog steeds daar.

Sowat 20 studente is met matrasse by die huis afgelaai.

Dalene Venter, DA-raadslid van Drie Riviere, die wykskomitee en gemeenskap is hard aan die werk om die nuwe verwikkeling halt te roep. Verskeie departemente van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het ook ‘n ondersoek van stapel gestuur.

Daar heers egter kommer oor die toename in geraas en misdaad asook die invloed wat die oorbewoning op die infrastruktuur gaan hê.

Die studente is met ‘n bus op 16 Februarie by die huis afgelaai met matrasse en hul bagasie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button