NewsNews

Wonderlike nuus vir die Vaaldam

‘n Paar maande gelede het groot kommer geheers oor die Vaaldam se watervlak wat onder die minimum vlak gesak het. Vandag kan ons basies sê dié dam is ‘byna’ weer vol in plaas van amper leeg.

Argieffoto

Die watervlak van die Vaaldam was einde 2016 so laag dat water vanaf die Sterkfonteindam vrygelaat is om die Vaaldam ‘n hupstoot te gee. Die Vaaldam het beslis voordeel getrek uit die reën wat die afgelope paar dae oor die Vaaldriehoek uitgesak het.

Die Vaaldam se watervlak is tans op 81,64%. waar dit twee maande gelede maar 41.3% (19 Desember) was.

Inwoners word egter gevra om steeds water spaarsamig te gebruik al lyk die Vaaldam se watervlak aansienlik beter.

 

Nuutste watervlak soos bekendgestel deur Rand Water op 22 Februarie.

 

Om te dink nie te lank gelede het dit so gelyk.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button