Argieffoto
Die watervlak van die Vaaldam was einde 2016 so laag dat water vanaf die Sterkfonteindam vrygelaat is om die Vaaldam ‘n hupstoot te gee. Die Vaaldam het beslis voordeel getrek uit die reën wat die afgelope paar dae oor die Vaaldriehoek uitgesak het.
Die Vaaldam se watervlak is tans op 81,64%. waar dit twee maande gelede maar 41.3% (19 Desember) was.
Inwoners word egter gevra om steeds water spaarsamig te gebruik al lyk die Vaaldam se watervlak aansienlik beter.
Nuutste watervlak soos bekendgestel deur Rand Water op 22 Februarie.
Om te dink nie te lank gelede het dit so gelyk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



