EntertainmentNewsNews

Outdoor X is vir álmal!

Outdoor X nooi jonk en oud na die lekkerste buitelugskou van die jaar op 23 en 24 Mei by Malonjeni Guest Farm net 15km buite Vereeniging. Malonjeni Guest Farm is geleë op die R42 tussen Drie Riviere en Heidelberg (ook bekend as die Heidelbergpad). Outdoor X spog met 350 topgehalte uitstallings van woonwaens, alle-terrein-sleepwaens, kamperingverskaffers, …

Outdoor X nooi jonk en oud na die lekkerste buitelugskou van die jaar op 23 en 24 Mei by Malonjeni Guest Farm net 15km buite Vereeniging. Malonjeni Guest Farm is geleë op die R42 tussen Drie Riviere en Heidelberg (ook bekend as die Heidelbergpad).
Outdoor X spog met 350 topgehalte uitstallings van woonwaens, alle-terrein-sleepwaens, kamperingverskaffers, bestemmings, toerusting, stokperdjies soos jag en visvang en nog vele meer. Al die topmotorhandelaars gaan hul nuutste voertuie kom vertoon en 4×4 geesdriftiges kry ook ‘n geleentheid om hul vernuf te kom beproef.
Outdoor X gee ‘n besondere geleentheid aan families om interessante produkte en dienste te besigtig. Uitstallers kom van dwarsoor die land om hul produkte te kom uitstal. Om nie eers te praat van die ongeëwenaarde weggeepryse op uitgesoekte produkte wat niemand mag misloop nie. Vroue gaan ook toustaan vir al die fantastiese vroueprodukte hierdie jaar.
Outdoor X beloof ook om almal te vermaak met ‘n reeks van opwindende aktiwiteite soos motorfiets-waaghalstoertjies, ‘n 4×4 baan vir die publiek, ‘n terriër-hondeskou, helikopterritte en Maxxis nasionale 4×4-kompetisie. Kunstenaars soos Thys die Bosveldklong, Lianie May, Juan Boucher, Cordelia en Chrizaan is op die program. Daar is ook ‘n buitengewone groot kinderarea met hope kinderaktiwiteite en vermaak wat die kleinspan vir ure sal besig hou. Kom ontspan in die biertuin of geniet watertand lekker kos van enige van die wye verskeidenheid kosstalletjies. Daar is ook radiobeheerde helikopters en karretjies met hul eie unieke baan. Diegene wat belangstel in boogskiet, kan lekker kom skiet op ‘n boogskietbaan in samewerking met Boesmans Boog en Visvang. Daar is hope pryse om te wen en ook afslag op alle boogskiettoerusting.
Fietsrygeesdriftiges kry ook die geleentheid om met GD Kotzee te kom gesels oor die nuutste produkte op die mark asook om ‘n nuwe Merida of Titan uit te toets.
Buiten hierdie is daar nog verskeie groot verrassings wat op besoekers wag!
Kaartjies is beskikbaar by die hek teen R70 vir volwassenes, R20 vir laerskoolleerlinge en kinders onder 6 kom gratis.

Liani May
Liani May
Jannie du Plessis, joernalis en fotograaf by MooiVaal Media doen sy sprong by die Bagjump, een van die groot trekpleisters by eerskomende naweek se Outdoor X wat op 23 en 24 Mei by Malonjeni Gasteplaas aangebied word.  Foto: Teresa Holloway
Jannie du Plessis, joernalis en fotograaf by MooiVaal Media doen sy sprong by die Bagjump, een van die groot trekpleisters by eerskomende naweek se Outdoor X wat op 23 en 24 Mei by Malonjeni Gasteplaas aangebied word. Foto: Teresa Holloway
Verskeie uitstallers, MotoX, 4x4 baan, boogskiet en ander interessanthede gaan eerskomende naweek vir groot pret aan besoekers by die jaarlikse Outdoor X-skou sorg. Op die foto is personeel van SGB, Eneration Rigging, Seven Seven Sports en organiseerders van die Outdoor X 2015. Foto: Jannie du Plessis
Verskeie uitstallers, MotoX, 4×4 baan, boogskiet en ander interessanthede gaan eerskomende naweek vir groot pret aan besoekers by die jaarlikse Outdoor X-skou sorg. Op die foto is personeel van SGB, Eneration Rigging, Seven Seven Sports en organiseerders van die Outdoor X 2015. Foto: Jannie du Plessis

Related Articles

Back to top button