FOTO: Sandra Jacobs/FACEBOOK
Die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom en die Kromdraaipad is oorstroom.
Verkeer wat op die N12 in Potchefstroom wil inkom staan op die oomblik stil. Uitgaande verkeer kan nog enkelbaan verkeer hanteer.
Die brandweer, polisie en verkeer is op die toneel om die situasie te monitor. Nooddienste het mense aangeraai om veral die N12 te vermy vir ten minste die volgende uur. Noodvoertuie het vroeër gesukkel om by ongelukke op diè pad uit te kom.
Ander paaie in die provinsie ook gesluit
- Intussen het die Gazette verneem dat ander paaie in die provinsie reeds toe gemaak het. Paaie tussen Lichtenburg en Ottosdal is toe, asook die tussen Ottosdal en Delareyville, Hartebeesfontein en Orkney. Ottosdal se damwal het glo ook onlangs gebreek
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




