NewsNews

Hoe lyk Afrikaans in jou dorp?

Afrikaans.com – trotse borg van Kwêla Dorp van die Jaar

Afrikaans.com – trotse borg van Kwêla Dorp van die Jaar

Dis weer sulke tyd wanneer dorpe hul vere regskud, hul beste voetjie … en eetgoed voorsit en inskryf vir Kwêla se Dorp van die Jaar. En vanjaar is Afrikaans.com een van die borge.

Vir Afrikaans.com is dit die ideale geleentheid om weer die mooi van Afrikaans in al die verskillende dele van ons land te herontdek. Om jou dorp deur jou en jou lesers se oë te beleef, saam met julle deur jul strate te loop, te sien hoe daar in Afrikaans sake gedoen word, skoolgegaan word, gekuier word en geskep word. Elke dorp is verskillend, maar een ding is seker, op elke dorp kry jy een of ander vorm van Afrikaans … en ons wil weet … Hoe lyk Afrikaans in jou dorp?

Neem deel en vertel ons #waarsitlekka in Afrikaans in jou dorp. Gaan kyk sommer nou by https://www.afrikaans.com/wen/dorp-van-die-jaar en kyk hoe jy moet maak om deel te neem. Skryf iets, stuur ’n video of neem ’n foto. Die beste inskrywings staan die kans om ’n prys te wen.

Related Articles

Back to top button