NewsNews

64-Jarige skenk geboorte aan tweeling

‘n 64-Jarige vrou van Spanje het vandeesweek geboorte geskenk aan ‘n tweeling in die Recoletas Burgos-hospitaal.

Sy het haar eerste kind gekry toe sy 58 was, maar dié is intussen deur die welsyn van haar weggeneem.

Die hospitaal beskryf die geval as besonders en uitsonderlik. Sy het met behulp van ‘n keisersnee geboorte gegee aan ‘n seuntjie en dogtertjie.

Die vrou het glo ‘n paar maande vantevore in vitro-behandeling in die VSA ondergaan om swanger te word.

‘n Gemeenskapswelsynorganisasie is genader om ondersoek in te stel of sy bevoeg sal wees om na haar tweeling om te sien.

Related Articles

Back to top button