NewsNews

Vermeende renosterhoring-smokkelaars se verhoor om die draai

VANDERBIJLPARK. – Martin van Rooyen (30), Conrad Franklyn (32) en Adrian van Staden (27), vermeende renosterhoring-smokkelaars, se verhoor sal na verwagting volgende maand in die Vanderbijlpark streekhof begin.

Dié drie is April 2016 in hegtenis geneem toe hulle deur die Vanderbijlpark-polisie in samewerking met die Valke vasgetrek is. Hulle het hulself as voornemende kopers voorgedoen en is in die Vaal Mall se parkeerarea gerarresteer met die renosterhorings in hul besit.

 

Martin van Rooyen,Conrad Franklyn en Adrian van Staden laasjaar in die hof.

 

‘n Groot deurbraak is deur die Valke en die Vanderbijlpark-polisie gemaak toe hulle ‘n renosterhoringsvonds met ‘n straatwaarde van R5,2 miljoen gekonfiskeer het. Die plaaslike span is van links konst. Mpho Molatedi, konst. Regionald Tlhoka en konst. Disema Mokoenyane.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button