NewsNews

Eskom en Ngwathe onderhandel – kragreus hoopvol

Ngwathe en Eskom het vandag weer onderhandel voordat ’n finale besluit gemaak sal word of kragvoorsiening met daaglikse strafbeurtkragtye vir dié munisipaliteit sal geld. Eskom het vandag egter gesê hy is hoopvol dat ’n ooreenkoms breik sal word, en dat drastiese stappe soos die staking van elektrisiteitsvoorsiening die laaste uitweg is.

Ngwathe en Eskom het vandag weer onderhandel voordat ’n  finale besluit gemaak sal word of kragvoorsiening met daaglikse strafbeurtkragtye vir dié munisipaliteit sal geld.
Eskom het vandag egter gesê hy is hoopvol dat ’n  ooreenkoms breik sal word, en dat drastiese stappe soos die staking van elektrisiteitsvoorsiening die laaste uitweg is.
Ngwathe en die Phumelela munisipaliteite het net tot gister tyd gehad om Eskom se voorwaardesdes na te kom om strafbeurtkrag te vermy. Die voorwaardes het ingesluit dat ’n  betaling gemaak moes word, ’n  aanvaarbare betaalplan aan Eskom voorgelê moet word, en dat die munisipaliteite se onderskeie rade ’n  skriftelike onderneming moet gee dat maandelikse rekeningverpligtinge getrou en stiptelik nagekom sal word en die agterstallige skuld betaal sal word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button