Mimosa hengel by Koppies

Dankbaar vir die reën en vol geesdrif het lede van die Mimosa-hengelklub die Februarie hengelkompetisie aangedurf. Ten spyte van hindernisse in ’n baie vol dam, het die dag redelike vangste en lekker hengelweer opgelewer.

Dankbaar  vir die reën en vol geesdrif het lede van die Mimosa-hengelklub die Februarie hengelkompetisie aangedurf. Ten spyte van hindernisse in ’n baie vol dam, het die dag redelike vangste en lekker hengelweer opgelewer.
Barry Dreyer was die wenner van die mans-afdeling, met Veronica Spaarwater wat die vroue-afdeling gewen het. Die poelvis van die dag is gevang deur Roland Schoonraad.
Die volgende kompetisie word op 11 Maart by Klipdrift-dam gehou. Hengelaars kom bymekaar by die plaaswinkel, vanwaar hulle om 06:15 vir 06:30 na die dam sal vertrek. Hengeltyd is van 07:00 tot 15:00. Diegene wat nie seker is waar die dam is nie, kan reël om in ’n groep saam te ry.
Die klub nooi alle belangstellende hengelaars om aan te sluit. Vir navrae skakel Veronica by 072 631 1133 of Kobus Kriek by 082 878 2579.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button