Inlandsee se flaminke en ander voëls bekyk
Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub word op Donderdag 23 Februarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal in Parys gehou. Jan Fourie was einde verlede jaar by die Weskus en hy sal oor daardie omgewing en die voëls wat hy daar gesien het, praat. Hy het ook heelwat foto’s geneem wat hy met klublede kom deel.

Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub word op Donderdag 23 Februarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal in Parys gehou.
Jan Fourie was einde verlede jaar by die Weskus en hy sal oor daardie omgewing en die voëls wat hy daar gesien het, praat.
Hy het ook heelwat foto’s geneem wat hy met klublede kom deel.
Uitstappie: Die Februarie-uitstappie is op dieselfde dag as die vergadering (Donderdag 23 Februarie.
Die klub besoek Inlandsee. Daar is tans heelwat flaminke en baie ander voëls op pad daarheen.
Die groep vertrek om 06:30 vanaf die Pick n Pay parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, verkyker en stoel saam.
Alle belangstellendes word vriendelik genooi om die geleenthede by te woon.
Skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306), of Peter Killian by 083 625 8100 vir meer inligting oor die uitstappie of die klub se aktiwiteite.



