News

11 dood in plaasaanvalle sedert begin Februarie

Die Burgeregte organisasie, AfriForum het Februarie se plaasaanval statistiek bekend gemaak en dit stuur behoorlik skokgolwe deur die land.

Sedert die begin van die maand, wat nou maar eers net oor die helfte is, is daar reeds 30 plaasaanvalle aangeteken waar 11 mense wreed vermoor is.

In die afgelope 24 uur is vyf mense, in twee onderskeie plaasaanvalle in Limpopo en Mpumalanga dood.

“Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom of die regering nie bereid is om landsburgers te beskerm nie,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron sê voorts dat gemeenskappe self moet begin optree en dat die wet genoeg ruimte laat om dit te doen.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button