NewsNews

Jy kan nie dié avontuur mis nie!

Die naweek van 24 tot 26 Februarie by Stonehenge in Africa langs die Vaalrivier in die Koepel bewaringsgebied is iets wat avontuur- en buitelewe-entoesiaste nie durf misloop nie.

Die naweek van 24 tot 26 Februarie by Stonehenge in Africa langs die Vaalrivier in die Koepel bewaringsgebied is iets wat avontuur- en buitelewe-entoesiaste nie durf misloop nie.

Die geleentheid,  All Things Adventure, is ’n droom vir avontuurlustiges. Kom kyk na die nuutste in buitelewe ervaring, kom toets van die toerusting en neem deel aan aktiwiteite!

Die Woema Challenge vir 600cc avontuurmotorfietse is maar een van die vele aktiwiteite wat besoekers kan sien.  Dit word aangebied deur die Theunis Nel van Woema, bekende KykNet-program. Dit is natuurlik om die beste ryer te op ʼn spesiaal geboude baan te bepaal.  Prysgeld van R50 000 is op die spel en nagenoeg 100 deelnemers het reeds ingeskryf. Behalwe die kompetisie-deelnemers sal ander ryers Sondag ook geleentheid hê om op die baan te ry en sommer op die koop toe advies van ervare ryers kan kry.

Ook baie besonders is uitstallings van mesmakers en ʼn praktiese demonstrasie van hoe dié gesogte messe gemaak word.  Verskeie mesmakers het reeds uitstalruimte bespreek!

Die arenaprogram van Saterdag en Sondag is vol opwinding en onder meer vind daar ʼn interessante kompetisie plaas oor wie die beste met ʼn sleepwaentjie agteruit kan stoot.  Dis net die plek waar die vroue die mite dat hulle nie kan bestuur nie finaal verkeerd kan bewys. ʼn Kampioenboogskutter gaan sy slag wys, ʼn vlieghengel-deskundige gaan ʼn paar geheime deel,  ʼn 4×4-deskundige gaan handige advies gee en ʼn praatjie oor motorfietse behoort baie byval te vind.

Die 4×4-baan op Stonehenge gaan Saterdag veral vol bedrywighede wees. Die bekende Danie du Preez van IPS 4×4 Outdoor Adventure Store is in beheer van dié baan, waar daar ʼn kompetisie vir 4×4-eienaars gaan plaasvind. Teen ’n geringe fooi sal dié voertuig-eienaars op die baan kan ry en aan die kompetisie deelneem. Danie sal deurentyd beskikbaar wees om tegniese advies te gee. Inskrywings vind by die baan plaas. Sondag is die baan ook oop vir 4×4-eienaars, maar geen formele kompetisie nie.

Handelaars van die meeste bekende nuwe 4×4 voertuie is deel van die uitstallers en het geleentheid om hulle voertuie op ʼn baan spesiaal vir die handelaars te demonstreer.

Sondag vind die Fluid Multisport Challenge plaas wat bestaan uit ʼn spankompetisie waarvoor avontuurlustiges kan inskryf. Dit bestaan 8km draf, 2km roei, 1km draf en 20km bergfiets.  Slegs vooraf-inskrywings en die sluitingsdatum is 22 Februarie. Inligting op die web: Multisport Challenge.

Saterdagoggend vind ʼn geborgde North West Tourism Kids Warrior Race, ʼn hindernisbaan vir laerskoolkinders, plaas.  Saterdagmiddag is ʼn ope geleentheid vir laerskoolkinders en Sondag ʼn ope geleentheid vir ouer kinders. Skakel 073 898 3241 vir inskrywings.

Verskeie motorfietshandelaars gaan by die geleentheid uitstal. Van die ander baie uitstallers is onder meer verfbaltoerusting en -toetsbaan waar mens prakties kan gaan skiet en dieselfde vir boogskiet-entoesiaste. Daar word ook duiktoerusting uitgestal en een van die uitstallers gaan ʼn duiktenk oprig.  Die eienaars van veteraanmotors het ’n spesiale plek waar hulle hul pronkstukke kom wys.

Benewens tente en ander kampeertoerusting gaan boothandelaars hulle ware uitstal. Daar is ook geleentheid vir witwaterroei op die Vaalrivier en ʼn stalletjie waar bespreek kan word vir abseiling.

Talle kosstalletjies met ʼn baie groot verskeidenheid is op die terrein en daar is ook speelplek vir die kinders. Kom luister na die musiek van onder meer Henk Grimsell by die musiekverhoog op die walle van die Vaalrivier.

Stonehenge in Africa is slegs ’n hanetree van Parys, sowat ‘n halfuur vanaf Potchefstroom en sowat 45 minute na ʼn uur van die Vaaldriehoek-omgewing.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Dagboek nou die datums! Toegang vir die Vrydag beloop R40, Saterdag R80 en Sondag R60. ’n Naweekpakket kos R120. Kinders o.6 is gratis, kinders o.18 kry 50 persent afslag en vir studente en pensioenarisse kos dit Vrydag R30, Saterdag R40 en Sondag R50. Kaartjies is reeds by Computicket te koop. Die hekke open Vrydag 12:00 en Saterdag en Sondag 08:00.

Vir meer inligting oor die Woema Challenge kontak Theunis by theunis@woema.co.za

Slegs ʼn paar uitstalruimtes is nog oor. Skakel Antoinette Badenhorst by (018) 293 0750.

Verblyf is beskikbaar by Stonehenge of in die omgewing. Skakel Linda by 082 062 3155 of (056) 811 4669.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button