NewsNews

Betaal…of ons sit af, sê Eskom

Eskom het vandeesweek met Gazette se ter perse gaan bevestig dat Ngwathe steeds nie Eskom se drie voorwaardes nagekom het om te verhinder dat kragvoorsiening daagliks op sekere tye gestaak word nie.

Eskom het vandeesweek met Gazette se ter perse gaan bevestig dat Ngwathe steeds nie Eskom se drie voorwaardes nagekom het om te verhinder dat kragvoorsiening daagliks op sekere tye gestaak word nie.
As die voorwaardes nie teen gister nagekom is nie, sou die finale kennisgewings geplaas word met 7 dae grasie waarna geskeduleerde daaglikse staking van elektrisiteitsvoorsiening in al Ngwathe se dorpe (Parys, Vredefort, Heilbron, Edenville en Koppies begin. Vir verbruikers sal dit beteken dat alle kragverbruikers (ook voorafbetaalde meters) binne Ngwathe Maandae tot Vrydae 06:00 tot 08:00 en weer van 17:00 tot 19:30 geen krag sal hê nie, en Saterdae en Sondae van 08:30 tot 11 en weer van 15:00 tot 17:30.
Die voorwaardes wat nagekom moes word sluit in ’n  kontantbetaling soos geonderhandel met Eskom voor die spertyd, ’n  getekende ooreenkoms vir ’n  afbetaalplan, en ’n  raadsbesluit wat sê dat die munisipaliteit voortaan sy huidige rekening ten volle en betyds sal betaal en die agterstallige skuld soos ooreengekom sal betaal.
Ngwathe se agterstallige skuld aan Eskom beloop alreeds meer as R658 miljoen. Maar desondanks die dreigemente was meeste inwoners met wie Gazette gepraat het Maandag steeds oortuig dat ’n  oplossing gekry sal word en dat Eskom nie sy dreigemente sal deurvoer nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button