NewsNews

19 Beseer toe bakkie rol

ANDERBIJLPARK. – 19 Mense is beseer toe die bestuurder van ‘n bakkie vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.

Die ongelukstoneel.

Noodpersoneel van Netcare 911 is gister omstreeks 07:00 na die toneel in Delfos-boulevard ontbied.

Daar was 19 mense in die voertuig. Met hul aankoms het hulle die voertuig op sy wiele gevind en dit lyk asof dit verskeie kere gerol het. Insittendes van die bakkie het in die veld gelê. Sommige het ernstige beserings opgedoen, terwyl ander ligte beserings opgedoen het.

Pasiënte is op die toneel behandel, waarna hulle na verskeie hospitale vir verdere behandeling geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button