Entertainment

Fliek Vlooi: Magnificent Seven

Ek gee Magnificent Seven 8/10. Nie net is die aksie en spanning volop nie, maar dit is ook propvol humor. Van die begin af is die fliek interessant en die einde los jou met ‘n traan in die oog.

magnificent7

Magnificent Seven is ‘n Westerse aksiefilm wat ‘n hervervaardiging is van die 1960 Westerse film met dieselfde naam.
Die storie speel af in 1879 toe die berugte industrialis Bartholomew Bogue (Peter Sarsgaard) die klein myndorpie van Rose Creek oorneem. ‘n Klein groepie rebelle besluit om teen hom en sy bende op te staan, maar word vermoor voor hulle enige iets kon uitrig.
Die leier van die groep se vrou, Emma Cullen (Haley Bennett) en haar vriend, Teddy Q (Luke Grimes) ontsnap en vlug na die naaste dorp om iemand te kry wat kan help.
Daar vind hulle vir adjt.-off. Sam Chisolm (Denzel Washington) en toe hy hoor dat Bogue betrokke is, besluit hy uiteindelik om te help.
Sam bring ‘n groep bymekaar wat bestaan uit misdadigers, huurmoordenaars, dobbelaars en beloningjagters (bounty hunters).
Saam is hulle die Magnificent Seven – Sam Chisolm, Josh Farraday (Chris Pratt), Goodnight Robicheaux (Ethan Hawke), Jack Horne (Vincent D’Onofrio), Billy Rocks (Lee Byung-hun), Vasquez (Manuel Garcia-Rulfo), en Red Harvest (Martin Sensmeier).
Terwyl hulle die klein dorpie van Rose Creek voorberei vir die geveg van ‘n leeftyd, besef hulle dat hulle dit nie net meer vir die geld doen nie.
So wys ‘n paar brawe mans met niks om te verloor nie, dat selfs in ‘n klein dorpie soos Rose Creek, geregtigheid sal geskied.

Ek gee Magnificent Seven 8/10. Nie net is die aksie en spanning volop nie, maar dit is ook propvol humor. Van die begin af is die fliek interessant en die einde los jou met ‘n traan in die oog.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button