NewsNews

Oud-Potchefstromer nou TV-sensasie

‘n Oud-Potchefstromer, Juan-Martin Jordt kan nou op skottel-TV gesien word waar hy in ‘n realiteitsprogram meeding om as Suid-Afrikaanse aanbieder vir ‘n bekende internasionale program gekies te word.

Juan Martin Jordt

‘n Oud-Potchefstromer, Juan-Martin Jordt kan nou op skottel-TV gesien word waar hy in ‘n realiteitsprogram meeding om as Suid-Afrikaanse aanbieder vir ‘n bekende internasionale program gekies te word.
The Search: E! Host South Africa is ‘n kompetisie waar verskeie deelnemers saam in ‘n huis woon en aan verskeie aktiwiteite moet deelneem om aan die einde as die eerste aanbieder vir die program E! in Suid-Afrika te kan optree.
Juan-Martin het nou deurgedring na die top agt deelnemers en gaan gesien kan word in dié realiteitsprogram van ses episodes wat elke Woensdag om 20:55 op DStv, kanaal 124, gekyk kan word.
Juan-Martin is ‘n gebore Potchefstromer, was in Laerskool ML Fick en daarna in Hoër Volkskool, waar hy sy liefde vir die uitvoerende kunste ontdek het. “Van dans, drama en die skone kunste het Volkskool my grondslag gegelê en ‘n nuwe passie is gebore,” sê hy.
Hy het in sy matriekjaar in 2005 Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe van uitvoerende kunste in Burbank, Los Angeles verteenwoordig. Na matriek het hy na Pretoria verhuis om daar verder te studeer in Drama en Uitvoerende Kunste en in 2016, na sowat ‘n dekade van drama en kunste, het hy besluit om na Kaapstad te verhuis waar hy nou woon.
Nie net is hy ‘n aanbieder, uitvoerende kunstenaar en professionele beoordelaar vir verskeie skoonheids- en talentkompetisies nie, maar hy is ook ‘n gekwalifiseerde finansiële adviseur wat steeds aktief by sy kliënte se finansiële beplannings betrokke is. Hy het ook sy eie radioprogram op die plaaslike Kaapstadse aanlyn radiostasie, ‘Hashtag Radio’.
Dit is met hierdie agtergrond dat hy besluit het om ‘n oudisie te doen vir The Search: E! Host South Africa. Alhoewel die kompetisie volgens Juan-Martin baie streng, uitmergelend, uitdagend en taai is, geniet hy dit steeds baie. Hy het van die eerste dag af met die ander deelnemers ‘gekliek’. “Daar was wonderlike snaakse oomblikke waaroor ons onsself dood gelag het, en dan was daar baie stresvolle oomblikke waar ons mekaar opgebou en geïnspireer het,” sê hy.
“Wanneer jy so ‘n klomp kreatiewe individue bymekaar sit, is dit gewaarborg om snaaks en genotvol te wees.”
Juan-Martin sê dat hierdie nie net vir hom ‘n droom is nie, maar ook ‘n passie.

“Wanneer jy in die oggend opstaan en nie meer vlinders in jou maag kry nie, en nie meer opgewonde raak om te doen wat jy doen nie, dan is dit nie regtig meer ‘n passie nie,” sê hy.

Juan-Martin sê die werk as aanbieder is vir hom uitgekerf, nie omdat hy die ondervinding het nie, maar omdat dit ‘n kans van ‘n leeftyd is.
Hy sê om deel te wees van die top agt in die land wat soveel het om te bied, is vir hom ‘n absolute geskenk van Bo, en net genade.
“Dit is ‘n eer en voorreg asook ‘n baie groot vervulling. Die adrenalien en opgewondenheid is baie oorweldigend, net om te weet ek is in die top agt!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button