NewsNews

Eskom waarsku: Ngwathe se tyd loop uit

Eskom het Maandagoggend net voor Gazette se druktyd bevestig dat die Ngwathe munisipaliteit (Parys, Vredefort, Edenville, Heilbron en Koppies) steeds nie ’n afbetaalplan aan Eskom voorgelê het nie. Dit terwyl die tyd uitloop na die beplande datum waarop Eskom kragvoorsiening wil staak vir daaglikse strafbeurtkragtye vir dié munisipaliteit. Sou dit gebeur sit die Ngwathe dorpe Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 en weer van 17:00 tot 19:30, en Saterdae, en Sondae van 08:30 tot 11:00 en weer van 15:00 tot 17:30 sonder krag. Ngwathe moes soos verskeie ander munisipaliteite wie se Eskom-rekeninge al ’n geruime tyd agterstallig is, sekere voorwaardes nakom binne spertye. Dit sluit in ’n kontantbetaling, ’n getekende afbetaalplan deur Eskom aanvaar, en raadsbesluit wat sê dat huidige rekenings ten volle en betyds vereffen sal word, asook dat die agterstallige skuld betaal sal word. Ngwathe het net tyd tot 15 Februarie om hierdie voorwaardes na te kom. Dan volg finale kennisgewings waarin Eskom sewe dae kennis gee wat aandui dat voortgegaan word met die onderbreking van grootmaat elektrisiteitsvoorsiening aan die munisipaliteit, sê Eskom.

Eskom het Maandagoggend net voor Gazette se druktyd bevestig dat die Ngwathe munisipaliteit (Parys, Vredefort, Edenville, Heilbron en Koppies) steeds nie ’n  afbetaalplan aan Eskom voorgelê het nie. Dit terwyl die tyd uitloop na die beplande datum waarop Eskom kragvoorsiening wil staak vir daaglikse strafbeurtkragtye vir dié munisipaliteit.  Sou dit gebeur sit die Ngwathe dorpe Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 en weer van 17:00 tot 19:30, en Saterdae, en Sondae van 08:30 tot 11:00 en weer van 15:00 tot 17:30 sonder krag.
Ngwathe moes soos verskeie ander munisipaliteite wie se Eskom-rekeninge al ’n geruime tyd agterstallig is, sekere voorwaardes nakom binne spertye. Dit sluit in ’n kontantbetaling, ’n  getekende afbetaalplan deur Eskom aanvaar, en raadsbesluit wat sê dat huidige rekenings ten volle en betyds vereffen sal word, asook dat die agterstallige skuld betaal sal word. Ngwathe het net tyd tot 15 Februarie om hierdie voorwaardes na te kom. Dan volg finale kennisgewings waarin Eskom sewe dae kennis gee wat aandui dat voortgegaan word met die onderbreking van grootmaat elektrisiteitsvoorsiening aan die munisipaliteit, sê Eskom.
Selfs verbruikers met voorafbetaalde kragmeters sal ook geraak word. So ook die beskikbaarheid van water, sou kragvoorsiening vir sekere tye van die dag gestaak word omdat die waterwerke met minder kragure nie genoeg water aan inwoners sal kan voorsien nie. Ngwathe se Eskom-skuldlas was verlede week reeds R658 miljoen.
Verlede week was selfs Ngwathe se waarnemende munisipale bestuurder klaarblyklik onder die indruk dat daar wel ’n  afbetaalplan aan Eskom voorgelê is. Toe dit in die media uitkom dat dit nie die geval was nie, is daar behoorlik rondgetrap om uit te vind waar die misverstand ingesluip het wat selfs taakspanlede op die verkeerde spoor geplaas het. Die uiteinde was dat Ngwathe verteenwoordigers op die burgemeester se spesiale Eskom-taakspan nou ook in onderhandelings met Eskom ingesluit sal word. Daar is ook weer daarop gewys dat inligting steeds onvolledig is, papierwerk slordig, syfers onakkuraat en besluite eenvoudig nie uitgevoer word nie. Burgemeester Joey Mochela het opgemerk dat amptenare steeds nie besef  Ngwathe is in ’n krisis is nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button