NewsNews

Honderd jaar vreugde en stories van onthou

Op 100 jaar glimlag Loek Francke breed, want al is die slytasie van die jare daar, is daar ’n eeu van die mooiste herinneringe op haar lewensreis. Maandag kon sy haar 100ste verjaardag as die oudste inwoner van Sally Martin Park vier saam met die talle vriende wat sy oor jare gemaak het.

Op 100 jaar glimlag Loek Francke breed, want al is die slytasie van die jare daar, is daar ’n eeu van die mooiste herinneringe op haar lewensreis. Maandag kon sy haar 100ste verjaardag as die oudste inwoner van Sally Martin Park vier saam met die talle vriende wat sy oor jare gemaak het.
Loek het in 1953 as gekwalifiseerde verpleegster uit Nederland na Suid-Afrika gekom. Omdat sy so goed gekwalifiseerd was, het sy dadelik ’n senior verpleegpos in Kroonstad gekry.
Haar bekwaamheid en passie vir haar werk is gou raakgesien en is sy kort daarna gevra om ’n  administratiewe kwalifikasie aan die Vrystaatse Universiteit te verwerf sodat sy die matronepos by ’n  groot hospitaal in Harrismith kon oorneem. Waar sy ookal gewerk het, was sy besonder gewild onder die dokters, verpleërs en spe-sialiste.
Haar jarelange vriendin, Tineke Botha, vertel hoe Loek dit net kon regkry om dinge reg te ruk. Toe sy op Harrismith gevra is wat sy nodig het vir die hospitaal, was ’n  swembad vir die verpleegpersoneel op haar wenslysie. Selfs dié wens is bewaarheid en het die dokters geld bymekaar gesit vir die swembad. Omdat Loek en Tineke nie net ’n taal en geboorteland gedeel het nie, maar ook hul verlede met albei wat deel was van Wêreldoorlog 2, het die twee terwyl hul saam verpleeg het, dadelik by mekaar aanklank gevind, en meer as vriendinne geword. Loek was by Tineke se troue, die geboorte van haar kinders en kleinkinders. En nou wag hul opgewonde vir Tineke se eerste agterkleinkind. Hoewel Loek nooit getrou het nie, was Tineke haar aangegroeide familie en kon hul saam in die lief en leed deel van ’n  vriendskap gesmee deur hul gedeelde taal en verlede. Loek het haar lewe lank baie gereis. Min sou sy egter kon dink dat met haar aftrede op 65, toe sy haar in Parys naby Tineke kom vestig het, haar  paaie weer sou kruis met ’n jarelange kollega – dr. Colyn. Hulle het lank saamgewerk in Kroonstad. Dr. Colyn is soos Loek, ook ’n inwoner van Sally Martin Park.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button