NewsNews

Joost se stryd verby

Bok-legende Joost van der Westhuizen is vanmiddag by sy huis in Johannesburg oorlede nadat hy die naweek in 'n kritieke toestand in die Life-Fourways Hospitaal in Johannesburg opgeneem is. Sy toestand is laat Saterdagaand gestabiliseer, maar om 13;30 vanmiddag was Joost se moedige stryd teen motorneuronsiekte finaal verby.

Bok-legende Joost van der Westhuizen is vanmiddag by sy huis in Johannesburg oorlede nadat hy die naweek in ‘n kritieke toestand in die Life-Fourways Hospitaal in Johannesburg opgeneem is. Sy toestand is laat Saterdagaand gestabiliseer, maar om 13;30 vanmiddag was Joost se moedige stryd teen motorneuronsiekte finaal verby.

Die oud-Bokkaptein het wêreldwyd harte geraak nie net tydens sy roemryke rugbyloopbaan nie, maar ook sedert die siekte in 2011 by hom gediagnoseer is en hy dapper terugbaklei het.

Rugby-ondersteuners sal hom onthou word as een van die beste skrumskakels van alle tye. Dit was ook hy wat die bal na Joel Stransky aangegee het vir die skepskop wat Suid-Afrika in 1995 die Wêreldbeker-wenner sou maak  In sy loopbaan het hy 38 toetsdrieë gedruk, ‘n Rekord vir die Springbokke wat eers in 2012 deur Bryan Habana gebreek kon word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button